Simoesjir (Russies: Симуши́р; Japannees: 新知島, Shimushiru-tō; Ainoe: シムシㇼ, Si=moe=sir, "Groot Eiland"), is 'n onbewoonde vulkaniese eiland naby die middel van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Dit was voorheen as Marikan bekend.Active, of New Bedford, 23 Mei 1854, Nicholson Whaling Collection #11.
Tussen 1987 en 1994, in die tyd van die Sowjetunie, is Broutonbaai deur die Sowjetvloot gebruik as 'n geheime duikbootbasis. Dit het toe 'n bevolking van sowat 3 000 gehad. Die oorblyfsels van die basis kan duidelik op satellietfoto's gesien word.
Vandag is die eiland onbewoon. Dit is saam met die ander eilande van die Koerile deel van die Russiese Federasie se Sachalin-oblast.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Koerile