Moraea debilis is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos en renosterveld is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Botrivier tot by Bredasdorp en Swellendam voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 2 700 km² en het habitat verloor weens oorbeweiding, padkonstruksie, gewasverbouing en indringerplante. Laasgenoemde is steeds 'n bedreiging.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika debilis