Moraea serpentina (slanguintjie) is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos en Sukkulente Karoo is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom dwarsdeur Namakwaland en die Clanwilliam-gebied op sandvlaktes, asook Boesmanland en die Karoo voor. Die plant is 'n meerjarige kruid wat tot 20 cm hoog word, met 'n stingelknol en stammetjies wat gewoonlik vertak.
Die blomme is wit en geel, soms effens pienk of ligrooipers.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online Le Roux, A.; Schelpe, E. Veldblomgids van Suid-Afrika, Kaapse Departement Natuur- en Omgewingsbewaring, 1983, bl. 44.
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika serpentina