Up is 'n rekenaargeanimeerde familie/buddy-rolprent van 2009 wat deur Pete Docter geregisseer is. Die stemme van Ed Asner, Jordan Nagai, Christopher Plummer kom onder andere daarin voor. Die rolprent is deur Jonas Rivera vervaardig en versprei deur Walt Disney Studios Motion Pictures. Dit handel oor 'n bejaarde wewenaar met die naam Carl Fredricksen (Ed Asner) en 'n ernstige seun met die naam Russell (Jordan Nagai); deur duisende ballonne aan sy huis vas te maak, wil Carl sy droom verwesenlik om Suid-Amerika se wildernis te sien en 'n belofte aan sy oorlede vrou, Ellie, te vervul. Die draaiboek is deur Bob Peterson en Pete Docter geskryf en die musiek is gekomponeer deur Michael Giacchino, wat ook musiek vir die rolprente The Incredibles en Ratatouille gekomponeer het.
Rolverdeling
Ed Asner as Carl Fredricksen Jordan Nagai as Russell Christopher Plummer as Charles F. Muntz Bob Peterson as Dug Pete Docter as Kevin Elizabeth Docter as Ellie Delroy Lindo as Beta Jerome Ranft as Gamma John Ratzenberger as Tom David Kaye as die nuusomroeper Danny Mann as Steve Mickie McGowan as Edith Don Fullilove en Jess Harnell as George en A.J.
Vrystelling Die rolprent is vrygestel in teaters by die Cannes-rolprentfees op 13 Mei 2009 en in Blu-ray en DVD op 10 November 2009. Dit is op 29 Mei 2009 in teaters in die Verenigde State vrygestel.
Ontvangs Resensies Op Rotten Tomatoes gee 98% van 291 beoordelaars die rolprent 'n positiewe resensie, met 'n gemiddelde telling van 8,7/10. Webwerf Metacritic bereik 'n telling van 88/100, gebaseer op 37 resensies.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse rolprente Kategorie:Animasierolprente Kategorie:Buddy-rolprente Kategorie:Engelse rolprente