Ixia scillaris is 'n meerjarige onvertakte kruid, blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel van die fynbos is. Die spesie word tot 50 cm hoog met 'n stingelknol. Die 7 tot 25 blomme is pienk tot persrooi, soms wit of rooipers, word op 'n yl bloeiwyse gedra en is welriekend.

Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en Wes-Kaap en kom in Namakwaland suidwaarts vanaf Springbok tot in die Clanwilliam-gebied op klipperige hellings, asook wydverspreid in die Suidwes-Kaap voor.http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1547-62

Subspesies Daar is drie subspesies:https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:439582-1 Ixia scillaris var. latifolia Ker Gawl. Ixia scillaris subsp. scillaris Ixia scillaris subsp. toximontana Goldblatt & J.C.Manning

Verwysings

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika scillaris