Moraea amissa is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos en renosterveld is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Malmesbury voor. Die populasie is gefragmenteer en het 'n voorkomsgebied van 18-39 km². Gewasverbouing en steengroewe het groot gedeeltes van die habitat vernietig. Die totale populasie word tussen 200 - 400 plante beraam.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika amissa