Moraea autumnalis is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Koue Bokkeveld en Elandskloof voor waar daar twee subpopulasies is. Die plant blom net nadat dit gebrand het.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika autumnalis