Sun Yat-sen (/ˈsʌn ˌjætˈsɛn/; Tradisionele Chinees: 孫逸仙; Vereenvoudigde Chinees: 孙逸仙; pinyin: Sūn Yìxiān; gebore Sun Deming; 12 November 1866 – 12 Maart 1925) Singtao daily. Saturday edition. 23 October 2010. section A18. Sun Yat-sen Xinhai revolution 100th anniversary edition . was 'n Chinese staatsman, dokter en politieke filosoof, wat as voorlopige eerste president gedien het van die Republiek China en die eerste leier van die Kuomintang (Nasionalistiese Party van China). Na hom word in die Republiek China as die "Vader van die Nasie" verwys en in die Volksrepubliek China die "Voorloper van die Rewolusie" vir sy instrumentele rol in die omverwerping van die Qing-dinastie tydens die Xinhai-rewolusie. Sun is uniek onder die Chinese leiers in die 20ste eeu omdat hy wyd eerbiedig word in beide die vasteland van China en op die eiland Taiwan. William L. (1968). The political institutions of modern China. Springer publishing. . bl 92.
Sun word beskou as een van die grootste leiers van die moderne China, maar sy politieke lewe was een van 'n voortdurende stryd en gereelde ballingskap. Ná die sukses van die 1911-rewolusie bedank hy vinnig as president van die nuutgestigte Republiek China en gee dit oor aan Yuan Shikai. Hy het gou in ballingskap gegaan in Japan om veiligheidsredes, maar hy het teruggekeer om 'n rewolusionêre regering in die suide te stig as 'n uitdaging vir die krygshere wat 'n groot deel van die land beheer het. In 1923 het hy verteenwoordigers van die Kommunistiese Internasionaal na Kanton genooi om sy party te herorganiseer en 'n brose alliansie met die Kommunistiese Party van China aangeknoop. Hy het nie beleef hoe sy party die land verenig het onder sy opvolger, Chiang Kai-shek, in die noordelike ekspedisie nie. Hy sterf in Beijing aan galblaaskanker op 12 Maart 1925.
Sun se belangrikste nalatenskap is sy politieke filosofie, bekend as die Drie beginsels van die mense: Mínzú (民族 主義, Mínzú Zhǔyì) of nasionalisme (onafhanklikheid van buitelandse oorheersing), Mínquán (民權 主義, Mínquán Zhǔyì) of "regte van die mense" (soms vertaal as "demokrasie") en Mínshēng (民生 主義, Mínshēng Zhǔyì) of lewensbestaan van mense (soms vertaal as "kommunitarisme" of "welsyn"). Schoppa, Keith R. (2000). The Columbia Guide to Modern Chinese History. Columbia university press. , . bl. 73, 165, 186.
Verwysing
Kategorie:Chinese militariste Kategorie:Presidente van die Republiek China Kategorie:Geboortes in 1866 Kategorie:Sterftes in 1925