Die Pahlavi-dinastie of Pahlevi-dinastie (Persies: دودمان پهلوی) was die laaste koninklike dinastie van Iran. Hulle het tussen 1925 en 1979 altesaam 54 jaar lank regeer. Hoewel die dinastie in die moderne tyd deur 'n niearistokratiese familie gestig is, het hulle hulleself genoem na die taal Pahlavi, wat in die pre-Islamitiese Sassanidiese Ryk gepraat is, om hulle nasionalistiese aansprake te versterk.
Die dinastie het die Kadjar-dinastie in die vroeë 1920's vervang, vanaf 14 Januarie 1921 toe Brittanje die 41-jarige soldaat Reza Khan bevorder het om die Britsbeheerde Persiese Kosakbrigade aan te voer. Sowat 'n maand later, onder Britse leiding, het Reza Khan se brigade van 3 000 tot 4 000 man Teheran bereik in wat bekend geword het as die Persiese staatsgreep van 1921. Brysac, Shareen Blair. "A Very British Coup: How Reza Shah Won and Lost His Throne." World Policy Journal 24, no. 2 (2007): 90-103. Besoek op 8 Augustus 2021. http://www.jstor.org/stable/40210096 Die res van die land is teen 1923 oorgeneem en teen Oktober 1925 het die owerhede ingestem om Ahmad Sjah Kadjar van die troon te sit en te verban. Reza Pahlavi is op 12 Desember 1925 as die nuwe sjah van Iran aangewys.
Die dinastie het die land 28 jaar lank, van 1925 tot 1953, regeer as 'n vorm van konstitusionele monargie en ná die omverwerping van 'n demokraties verkose eerste minister, vir nog 26 jaar as 'n outokratieser monargie totdat die sjah self in 1979 afgesit is.
Pahlavi-sjahs van Iran duimnael|Nasionale vlag van Iran onder die Pahlavi-dinastie tot die 1979-Rewolusie Naam Portret Verwantskap Lewe Van TotSjahs van Iran 1 Reza Sjah 80px|Reza Shah Seun van Abbas Ali 1878-1944 15 Desember 1925 16 September 1941 2 Mohammed Reza Pahlavi 80px|Mohammad Reza Pahlavi Seun van Reza Sjah 1919-1980 16 September 1941 11 Februarie 1979Aanspraakmakers 1 Mohammed Reza Pahlavi 80px|Mohammad Reza Pahlavi Seun van Reza Sjah 1919-1980 11 Februarie 1979 27 Julie 1980 — 80px|Farah Pahlavi Vrou van Mohammed Reza Pahlavi 1938- 27 Julie 1980 31 Oktober 1980 2 Reza Pahlavi 80px|Reza Pahlavi II Seun van Mohammed Reza Pahlavi 1960- 31 Oktober 1980 Hede
Verwysings
Skakels
Kategorie:Geskiedenis van Iran