Pauridia maximiliani is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Pauridia behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor in die Olifantsriviervallei. Hier het dit 'n voorkomsgebied van slegs 16 km² en daar is drie subpopulasies. Die plant word bedreig deur die aanlê van lemoen boorde en het onlangs van sy habitat afgestaan aan padkonstruksie.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

maximiliani Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika