Gotarzes II (, Gōtarz) was van 40 tot 51 n.C. koning van konings van die Partiese Ryk. Hy was 'n aangenome seun van Artabanus II.
Toe Artabanus in 40 sterf, het sy seun Vardanes I hom opgevolg. Gotarzes II het egter die troon geroof en sy beheer oor 'n groot deel van Partië uitgebrei. Vardanes moes na Baktrië vlug.
Vardanes se kort bewind het geëindig toe hy tydens 'n jaguitstappie vermoor is. Ná sy dood omstreeks 46 het Gotarzes II oor Partië regeer tot met sy eie dood kort daarna – volgens Tacitus weens 'n siekte, terwyl Josephus meen hy is vermoor. Gotarzes II is vir 'n kort rukkie deur sy oom Vonones II opgevolg, en daarna deur dié se seun Vologases I.
Verwysings
Bronne
Skakels
Kategorie:Konings van Partië