Pakoros II (Parties: , Pakur) was van 78 tot 110 koning van konings van die Partiese Ryk. Hy was die seun en opvolger van Vologases I.

Tydens die laaste deel van Vologases I se bewind het Pakoros saam met hom regeer. Ná Vologases I se dood het Pakoros alleenheerser geword, maar hy het gou teenstand van sy broer Vologases II geky wat 'n opstand gelei het tot in 80, met laasgenoemde se neerlaag. In 79/80 is Pakoros se heerskappy deur nog 'n teenstander uitgedaag: Artabanus III van Partië, wat hy teen 81 verslaan het. 'n Derde mededinger, Osroes I, het in 109 sy verskyning gemaak. Pakoros is in 110 dood en is deur sy seun Vologases III opgevolg, wat sy pa se stryd teen Osroes I om die Partiese troon voortgesit het.

Nes sy pa, het Pakoros die beleidsrigtings van Artabanus II voortgesit deur die ekonomiese bronne van die Partiese Ryk te vermeerder met die daarstelling van 'n nuwe handelstelsel en die aanknoop van bande met ander magte soos Han-China.

Verwysings

Bronne

Skakels

Kategorie:Konings van Partië