Beiroet 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land Goewernement Beiroet Koördinate Stigting Oppervlakte: - Totaal 20 vk km Hoogte bo seevlak m Bevolking: - Totaal (2012) 361 366 - Bevolkingsdigtheid /vk km - Metropolitaanse gebied 2 200 000 Tydsone UTC +2 - Somertyd UTC +3 Burgemeester Bilal Hamad Amptelike webwerf beirut.gov.lb
Beiroet (Arabies: بيروت Bayrūt; Bybelse Hebreeus: בְּאֵרוֹת Be'erot; Hebreeus: ביירות Beyrut; Latyn: Berytus; Frans: Beyrouth; Turks: Beyrut; Armeens: Պէյրութ Beyrut) is die hoofstad en grootste stad van Libanon. Geen onlangse bevolkingsensus is uitgevoer nie, maar die ramings van 2007 het gewissel van iets meer as 1 miljoen tot 2,2 miljoen as deel van Groter Beiroet, wat dit die derde grootste stad in die Levant-streek en die vyftiende-grootste in die Arabiese wêreld maak. Beiroet, geleë op 'n skiereiland op die middelpunt van die Middellandse See-kus van Libanon, is 'n belangrike streekhawe. Die stad word soms Parys van die Midde-Ooste genoem.
Dit is een van die oudste stede ter wêreld, wat al langer as 5000 jaar bewoon word. Die eerste historiese vermelding van Beiroet word gevind in die Amarna-briewe uit die Nuwe Koninkryk van Egipte, wat dateer uit die 15de eeu vC.
Beiroet is die regeringssetel van Libanon en speel 'n sentrale rol in die Libanese ekonomie, met die meeste banke en besighede in die sentrale distrik, Badaro, Rue Verdun, Hamra, Ryad el Soloh straat en Achrafieh. Na die vernietigende Libanese burgeroorlog het die kulturele landskap van Beiroet 'n groot heropbou ondergaan. Beiroet word geïdentifiseer en hoog aangeslaan vir boekhouding, advertensies, bankwese, finansies en die regte, en word deur die Globalization and World Cities Research Network as 'n Beta-wêreldstad beskou.
Verwysings
Sien ook Université Saint-Joseph
Bibliografie . . . .
.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Geografie van Libanon Kategorie:Nedersettings langs die Middellandse See Kategorie:Hoofstede in Asië Kategorie:Fenisiese stede