Lapeirousia simulans is 'n meerjarige geofiet wat tot die genus Lapeirousia behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en het 'n voorkomsgebied van kleiner as 2 000 km². Dit kom op die suidweste van die Knersvlakte voor. Die plant word bedreig deur tamatieboerdery en die aanlê van wingerde. Ontginning van die rooi sand in die omgewing is ook 'n bedreiging.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Lapeirousia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika