thumb|190px|'n Maliekolder.
'n Maliekolder is 'n Middeleeuse harnas wat bestaan uit metaalringetjies ("malies")"Maliekolder" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 13 September 2021. wat inmekaarskakel om 'n soort maas te vorm. Dit was tussen die 3de eeu v.C. en die 16de eeu n.C. in algemene gebruik in Europa, en langer in Asië en Noord-Afrika.
Geskiedenis thumb|220px|links|Albei kante van die "malies", of metaalringetjies. Die woord "malie" kom uit Nederlands. Die vroegste voorbeelde van maliekolders wat bewaar gebly het, is in die Karpatebekken ontdek op 'n begrafnisterrein uit die 3de eeu v.C. in Horný Jatov, Slowakye, en in 'n hoofman se graf in Ciumești, Roemenië.Rusu, M., "Das Keltische Fürstengrab von Ciumeşti in Rumänien", Germania 50, 1969, pp. 267–269 Die Kelte kry gewoonlik die eer vir die ontdekking daarvan,The ancient world, Richard A. Gabriel, Greenwood Publishing Group, 2007 P.79 maar daar is voorbeelde van stukkies Etruskiese maliemateriaal uit die 4de eeu v.C.Oriental Armour, H. Russell Robinson, 1967 Walker and Co., New York, pp. 11-12Catalogue of the Exhibition of Ancient Helmets and Examples of Mail, William Burgess & Baron De CossonStone, G.C. (1934): A Glossary of the Construction, Decoration and Use of Arms And Armor in All Countries and in All Times, Dover Publications, New York
Maliekolders is dalk geïnspireer deur die veel vroeëre geskubde harnas.Philip Sidnell, Warhorse: Cavalry in Ancient Warfare , Continuum International Publishing Group, 2006 , p.159Robert E. Krebs, Carolyn A. Krebs, Groundbreaking Scientific Experiments, Inventions, and Discoveries of the Ancient World , Greenwood Publishing Group, 2003 , p.309 Dit het na Noord-Afrika, Wes-Afrika, die Midde-Ooste, Sentraal-Asië, Indië, Tibet, Suidoos-Asië en Japan versprei.
Herodotos het geskryf die antieke Perse het geskubde harnasse gedra, maar maliekolders word ook genoem in die Avesta, die antieke heilige skrif van die Persiese godsdiens Zoroastrisme wat in die 5de eeu v.C. deur die profeet Zoroaster gestig is.
Malies word steeds in verskeie soorte moderne toerusting gebruik wat wissel van handskoene vir slagters en houtwerkers tot duikpakke wat teen haaibyte weerstand bied.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Kleding Kategorie:Oorloë