Sejong세종특별자치시 280px Kaart Seël 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Streek Hoseo Koördinate Stigting 2012 Oppervlakte: - Totaal 465,23 vk km Bevolking: - Totaal (2020) 351 007 - Bevolkingsdigtheid 754,48/vk km Tydsone UTC +9 (KST) Burgemeester Lee Choon-hee Amptelike webwerf www.sejong.go.kr
Sejong (Koreaans: 세종; Hanja: 世宗, [ˈsʰe̞ː.dzoŋ], ), amptelik die Spesiale Selfregerende Stad Sejong (세종특별자치시), is 'n spesiale selfregerende stad en die de facto administratiewe hoofstad van Suid-Korea.
duimnael|links|Die regeringskompleks in Sejong Sejong is in 2007 as die nuwe beplande hoofstad van Suid-Korea gestig uit groot dele van die provinsie Suid-Chungcheong en kleiner dele van die provinsie Noord-Chungcheong om die opeenhoping in Suid-Korea se huidige hoofstad en grootste stad Seoel te verlig en beleggings in die sentrale streek van die land aan te moedig. Sedert 2012 het die Suid-Koreaanse regering 'n aantal ministeries en agentskappe na Sejong verhuis, maar baie bly steeds in ander stede, veral Seoel, waar die Nasionale Vergadering en baie belangrike regeringsliggame bly.
Sejong het in 2020 'n bevolking van 351 007 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 465,23 km², wat dit die mins bevolkte en kleinste administratiewe afdeling op die eerste vlak in Suid-Korea maak. Sejong is geleë in die wessentrale Hoseo-streek, en grens in die weste aan Suid-Chungcheong, in die suide aan Daejeon, asook in die ooste aan Noord-Chungcheong.
Die bou van die stad behoort in 2030 voltooi te wees. In dieselfde jaar sal alle staatsinstellings na Sejong verskuif wees. In 2030 sal die stad 'n bevolking van sowat 500 000 hê.
Naam Sejong is genoem na koning Sejong die Grote, die vierde koning van die Joseon-dinastie en skepper van die Koreaanse alfabet Hangul. Die stad is gevorm deur die saamsluiting Yeongi, die provinsie Suid-Chungcheong, waaruit die meerderheid van die stad se gebied ontstaan het is, en ander provinsies.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Suid-Korea