Die Oos-Afrikaanse Gemeenskap (Engels: East African Community; Frans: Communauté d'Afrique de l'Est; Swahili: Jumuiya ya Afrika Mashariki) is 'n interregeringsorganisasie bestaande uit agt lande in die Groot Mere van Afrika-streek in Sentraal- en Oos-Afrika: Burundi, die Demokratiese Republiek die Kongo, Kenia, Rwanda, Somalië, Suid-Soedan, Tanzanië en Uganda. Salva Kiir Mayardit, die Suid-Soedanese president, dien tans as voorsitter van die Oos-Afrikaanse Gemeenskap. Die organisasie is oorspronklik in 1967 gestig, in 1977 ontbind en op 7 Julie 2000 herleef. In 2008, ná onderhandelinge met die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en die Gemeenskaplike mark vir Oos- en Suider-Afrika (COMESA), het die Oos-Afrikaanse Gemeenskap ingestem om 'n vryhandelsgebied tussen al die lidlande van die drie organisasies te stig. Die Oos-Afrikaanse Gemeenskap is 'n integrale deel van die Ekonomiese Gemeenskap van Afrika. Die hoofkwartier van die Oos-Afrikaanse Gemeenskap is in Arusha, Tanzanië, terwyl die digsbevolkte stad Nairobi, Kenia, is.
Die Oos-Afrikaanse Gemeenskap is 'n moontlike voorloper in die stigting van die Oos-Afrikaanse Federasie, 'n voorgestelde federasie van sy lede in 'n enkele soewereine staat. In 2010 het die Oos-Afrikaanse Gemeenskap, ten einde van 'n gemeensame geldeenheid en dalk 'n volle politieke federasie, sy eie gemeensame mark vir goedere, arbeid en kapitaal in die streek gestig. In 2013 is 'n protokol onderteken waarin hulle hul planne vir die stigting van 'n monetêre unie binne tien jaar uiteensit. In September 2018 is 'n komitee gestig om 'n streeksgrondwet op te stel.
Lidlande Land Hoofstad Toetreding Bevolking Oppervlak (km²) BBP(VS$ bn) BBPper kapita(VS$) BBP PPP(VS$ bn) BBP PPPper kapita(VS$) Nairobi 2000 48 756 000 580 367 106 2 129 262 5 274 Dodoma 2000 51 605 000 947 300 65 1 172 200 3 574 Kampala 2000 45 319 000 241 038 33 851 121 2 150 Gitega 2007 9 879 000 27 830 3 301 8 859 Kigali 2007 11 887 000 26 338 9 762 24 1 996 Joeba 2016 13 137 000 644 329 5 399 24 1 841 Kinshasa 2022 105 044 646 2 345 409 46 501 77 843 Mogadisjoe 2023 637 657 12 693 796 32 1998 12 717 Algeheel 321 764 652 5 448 023 924 3 286 333 1 185
Geletterdheid No.LandBevolking (2020)Geletterdheid (%) 1 11 530 580 67,2 2 105 044 646 75,9 3 53 771 296 87,4 4 12 952 218 71,1 5 12 042 910 27 6 59 734 218 67,8 7 45 741 007 73,2 8 12 693 796 – Algeheel Oos-Afrikaanse Gemeenskap 288 669 892 67,09
Leiers
Voorsitter 2012–2013: Yoweri Museveni 2013–2015: Uhuru Kenyatta 2015–2017: John Magufuli 2017–2019: Yoweri Museveni 2019–2021: Paul Kagame 2021–2022: Uhuru Kenyatta 2022–2023: Évariste Ndayishimiye 2023–hede: Salva Kiir Mayardit
Sekretaris-generaal 2000–2001: Francis Muthaura 2001–2006: Amanya Mushega 2006–2011: Juma Mwapachu 2011–2016: Richard Sezibera 2016–2021: Libérat Mfumukeko 2021–hede: Peter Mathuki
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Afrika-unie Kategorie:Burundi Kategorie:Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Kenia Kategorie:Rwanda Kategorie:Somalië Kategorie:Suid-Soedan Kategorie:Tanzanië Kategorie:Uganda