Die Unie van die Arabiese Maghreb (Arabies: اتحاد المغرب العربي, Ittiḥād al-Maghrib al-‘Arabī; Frans: Union du Maghreb arabe) is 'n handelsooreenkoms met die doel om 'n ekonomiese en in die toekoms politieke unie tussen die Noord-Afrikaanse lande in die Maghreb te bewerkstellig. Sy lede is Algerië, Libië, Marokko, Mauritanië en Tunisië. Francesco Tamburini, L'Union du Maghreb Arabe, ovvero l'utopia di una organizzazione regionale africana, en "Africa", N. 3, 2008, bl. 405–428
Tot dusver het die unie egter nie daarin geslag om van sy doelwitte te bereik nie, veral as gevolg van die groot ekonomiese en politieke verskille tussen Marokko en Algerië, onder andere weens die Wes-Sahara-konflik. Sedert 3 Julie 2008 het geen vergaderings meer op die hoogste vlak plaasgevind nie en volgens waarnemers is die unie oorwegend onaktief. In 2023 bly die enkelgeldprojek in die gebied tegnies haalbaar, maar polities onaanvaarbaar.
Lidlande LandBBP (nominaal)BBP (PPP)BBP (nominaal) per kapitaBBP (PPP) per kapitaMOI200 171 000 000693 109 000 0004 64516 0850,75451 330 000 00079 595 000 0007 80312 1000,706122 458 000 000332 358 000 0003 4419 3390,6675 243 000 00019 472 000 0001 2914 7970,52042 277 000 000151 566 000 0003 58712 8620,735Unie van die Arabiese Maghreb520 479 000 0001,576 100 000 0003 72012 6280,707
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Afrika-unie Kategorie:Politiek van Algerië Kategorie:Libië Kategorie:Marokko Kategorie:Mauritanië Kategorie:Tunisië