Die Smurflied is 'n kinderliedjie oor die Smurfies met 'n vrolike wysie. Dit is in Afrikaans bekend gemaak deur Carike Keuzenkamp, maar die deuntjie het sy oorsprong as Das Lied der Schlümpfe, gekomponeer deur F Dostal en P. Kartner.Youtube, Das Lied der Schlümpfe, Vader Abraham

Lirieke Waar kom al julle smurfs vandaan? Smurfland is ons geboorteland Praat julle smurfs dan ook soos ons? Ja ons praat net minder twak

Doen julle dinge wat ons moet waag? Ja ons doen wat ons uitdaag Hierdie liedjie het ‘n mooi refrein Ja kom ons sing dit sag en fyn

Smurf meet die fluit jy moet begin Nee jy’s nie ‘n voel nie Toe nou smurf Daar gat ek

Kan julle smurfs op ‘n basdrom slaan? Ja dit sal ons nooit laat staan En wat van die groot tromboon? Nee wat liewer ‘n saksofoon

Kan julle op ‘n dwarsfluit speel? Ja dit sal ons nooit verveel Hou julle smurfs van sing en dans? Ja ons doen dit al te graag

Hoekom is julle smurfs so klein? Want ons is nie so groot soos jy Slaap julle met jul pette op? Ja dit kom altyd op ons kop

Gaan julle nou tot more slaap? Ja want ons is nou baie vaak Het jul vir oulaas ‘n versoek? Lees vir ons uit jou storieboek

Verwysings

Eksterne skakels Youtube, Die Smurflied, Carike Keuzenkamp

Kategorie:Afrikaanse volksmusiek