Hesperantha decipiens is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Hesperantha behoort. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap waar dit voorkom vanaf die Kamiesberg tot in die noorde van die Knersvlakte. Dit het 'n voorkomsgebied van slegs 315 km². Die spesie is deel van die fynbos en Sukkulente Karoo-biome en word as seldsaam beskou.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

decipiens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika