Hesperantha brevistyla is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat tot die genus Hesperantha behoort. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en die Vrystaat. Dit kom voor in die noordelike Drakensberg en moontlik ook in die noorde van Lesotho. Daar is drie bevolkings bekend en die spesie het 'n voorkomsgebied van 208 km². Die plant word as seldsaam beskou.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
brevistyla Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika