Hesperantha bulbifera (Aandblom) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Hesperantha behoort. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Die plant verkies klam, kleierige grond en word as seldsaam beskou. Dit spesie het 'n voorkomsgebied van 344 962 km².

Die plant word tot 45 cm hoog met 'n stingelknol. Die blomme is spierwit, omtrent 4 cm in deursnit en word op yl bloeiwyses gedra. Die blomme open eers in die laatmiddag, vandaar die naam.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Le Roux, A.; Schelpe, E. Veldblomgids van Suid-Afrika, Kaapse Departement Natuur- en Omgewingsbewaring, 1983, bl. 46.

bulbifera Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika