Geissorhiza callista is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom vanaf die Riviersonderendberge tot by die Langeberg voor waar daar twee subpopulasies is. Die plant groei op nat, veenagtige, klam rotse en skeure; die plant word as seldsaam beskou.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
callista Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika