Geissorhiza altimontana is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Leeurivierberg by Swellendam voor. Daar is net een populasie en die plant groei op die suidelike helling. Die plant word beskou as krities seldsaam, dit het geen bedreigings nie.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

altimontana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika