Geissorhiza bonae-spei is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die suide van die Kaapse Skiereiland voor. Hier het dit 'n voorkomsgebied van slegs 160 km². Die plant het van sy habitat afgestaan aan voorstedelike ontwikkeling, die oorblywende subpopulasies val onder die beskerming van die Tafelberg Nasionale Park. Die plant word as seldsaam beskou.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
bonae-spei Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika