Geissorhiza brehmii is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom van die Kaapse Skiereiland tot by Malmesbury, Caledon en Bredasdorp voor. Die plant groei in sandgrond, wat of moerasagtige is of sandgrond wat seisoenaal onder water is. Die plant het 'n voorkomsgebied van 13 200 km², maar het egter reeds 70% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en stedelike ontwikkeling. Indringerplante is ook nou 'n bedreiging.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

brehmii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika