Geissorhiza barkerae is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en is deel van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Piketberg tot die suidelike Olifantsriviervallei voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 350 km² en daar is vyf subpopulasies. Die plant word bedreig deur gewasverbouing soos rooibostee, graan en aartappels.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

barkerae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika