Saturday Mthiyane (omstreeks 1982-2005) was 'n Suid-Afrikaanse wilde kind wat in 1987 op sowat vyfjarige ouderdom ontdek is nadat hy sowat 'n jaar lank saam met ape deurgebring het. Hy is Saturday gedoop omdat hy op 'n Saterdag gevind is, en Mthiyane was die van van die skoolhoof van die spesiale skool wat haar oor hom ontferm het, Ethel Mthiyane.
Vroeë lewe Saturday het sowat 'n jaar lank aan die Tugelarivier naby Sundumbili in KwaZulu-Natal saam met ape gebly. Toe hy gevind is, het hy hande-viervoet geloop en boom geklim. Hy was dol oor vrugte, veral piesangs, en kon nie praat nie.
Op sowat 17 jaar kon Saturday nog nie praat nie, en het hy soos 'n aap geloop en gespring. Hy het nooit gekookte kos geëet nie en het geweier om saam met ander kinders te speel of iets met hulle te deel. Hy het later geleer om te bad en met klere te slaap.
Hy is in 2005 in 'n brand dood, sowat 18 jaar nadat hy gevind is.
Verwysings
Kategorie:Wilde kinders