Lachenalia juncifolia is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die fynbos en die Sukkulente Karoo. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom voor vanaf Calvinia tot by die Roggeveldberge-eskarp en die Sederberg, hiervandaan suidwaarts tot by Caledon en die suidkaapse kus en ooswaarts tot by Herbertsdale.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

juncifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika