Almal Dra 'n Jas is 'n tradisionele Afrikaanse liedjie.

Lirieke Almal dra 'n jas Almal dra 'n jas 'n Jas wat netjies pas 'n Jas wat netjies pas

Die leeu, die muis, buite of tuis Vaal, bruin, bont of grys

Almal dra 'n jas Almal dra 'n jas 'n Jas wat netjies pas 'n Jas wat netjies pas

Die skaap sê trots, myne's wol Die van die vark is vol modder gerol Almal dra 'n jas

Almal dra 'n jas Almal dra 'n jas 'n Jas wat netjies pas 'n Jas wat netjies pas

Die kwagga is deftig in swart en wit Bobbejaan se ou jas is al flenters gesit

Almal dra 'n jas Almal dra 'n jas 'n Jas wat netjies pas 'n Jas wat netjies pas

Mooi knopies van rooi op die jas van kalkoen Die slang s'n is net vir die somerseisoen Almal dra 'n jas

Almal dra 'n jas Almal dra 'n jas 'n Jas wat netjies pas 'n Jas wat netjies pas

Die ystervark is seker gek Hy het sy jas met skerp penne bedek

Almal dra 'n jas Almal dra 'n jas 'n Jas wat netjies pas 'n Jas wat netjies pas

Die eland, die buffel, die hond en die kat Die koei en die kalf en die lekker patat

Almal dra 'n jas Almal dra 'n jas

Eksterne skakels https://www.youtube.com/watch?v=eMdk41wuITI

Kategorie:Afrikaanse volksmusiek