Die Eensame Krokodil is 'n Afrikaanse liedjie.
Lirieke Die krokodil se hart is seer Kom ons vra hom wat makeer Hy's te yslik groot en lank Om nog so te lê en tjank
Ek is 'n eensame krokodil Mense kyk vir my en gril Ek soek maters hoog en laag Maar almal sê ek vreet te graag
Stilletjies hier op my plek Kyk hoe mooi en soet is ek Kom maar naby want ek hou Elke oomblik meer van jou
Ek is 'n eensame krokodil Mense kyk vir my en gril Ek soek maters hoog en laag Maar almal sê ek vreet te graag
Spring maar gou die water in Jy is baie na my sin Kom nou laat ons kennis maak Ons vriendskap sal so lekker smaak
Ek is 'n eensame krokodil Mense kyk vir my en gril Ek soek maters hoog en laag Maar almal sê ek vreet te graag
O krokodil jy wil my vang Maar ek is vir jou te bang Kennis maak op jou manier Nee, weg is ek totsiens ou dier
Ek is 'n eensame krokodil Mense kyk vir my en gril Ek soek maters hoog en laag Maar almal sê ek vreet te graag
Eksterne skakels https://www.youtube.com/watch?v=nQybdhZ-AK8
Kategorie:Afrikaanse volksmusiek