duimnael|320px|Landkaart van aardbewing (groot sirkel) met naskokke in verskillende kleure aangedui duimnael|'n Japannese soek- en reddingspan deursoek die puin naby 'n hoë woonstelgebou in Noord-Japan Die 2011 Tōhoku aardbewing en tsoenami het op 11 Maart om 14:46 JST (05:46 UTC) plaasgevind. Die omvang 9,0-9,1 (M w) ondersese megastuwingsaardbewing het 'n middelpunt in die Stille Oseaan, oos van die Oshika-skiereiland van die Tōhoku-streek, en het ongeveer ses minute geduur en 'n tsoenami veroorsaak.

Dit was die kragtigste aardbewing wat nog ooit in Japan aangeteken is, en die vierde kragtigste aardbewing ter wêreld sedert moderne rekordhouding in 1900 begin het. Die aardbewing het kragtige tsoenamigolwe veroorsaak wat hoogtes tot bereik het in Miyako in Iwate-prefektuur van Tōhoku, en wat in die Sendai-omgewing teen 700 km/h en tot 10 kilometer binneland toe beweeg het. Inwoners van Sendai het net agt tot tien minute waarskuwing gehad, en meer as honderd ontruimingsplekke het weggespoel. Die sneeuval wat gepaard gegaan het met die tsoenami en die vriespuntweer het reddingswerk erg belemmer, byvoorbeeld Ishinomaki, die stad met die meeste sterftes, was 0 °C (32 °F) toe die tsoenami getref het. Die amptelike syfers wat in 2021 bekend gemaak is, meld 19 747 sterftes, 6 242 beseer, en 2 556 mense wat vermis is.

Die tsoenami het die Fukushima Daiichi-kernramp veroorsaak, hoofsaaklik die ineenstorting van drie van sy reaktore, die afloop van radioaktiewe water in Fukushima en die gepaardgaande ontruimingsones wat honderdduisende inwoners geraak het. Baie elektriese kragopwekkers het sonder brandstof gaan staan. Die verlies aan elektriese krag het die verkoelingstelsel laat staak, wat hitte laat opbou het. Die opbou van hitte het die opwekking van waterstofgas veroorsaak. Sonder ventilasie het gas in die reaktorstrukture opgehoop en uiteindelik ontplof. Inwoners binne 'n 20 kilometerradius van die Fukushima Daiichi kernkragaanleg en 'n 10 kilometerradius van die Fukushima Daini kernkragaanleg is ontruim.

Verwysings

Kategorie:Koördinate op Wikidata Kategorie:Aardbewings Kategorie:Tsoenami's Kategorie:2011 Kategorie:Stille Oseaan Kategorie:Geskiedenis van Japan