Die gifuintjie (Ferraria uncinata) is 'n meerjarige vertakte kruid en geofiet wat tot die genus Ferraria behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op sanderige plekke in Namakwaland tussen Springbok en Garies en vanaf Clanwilliam en Vanrhynsdorp tot by Piketberg en Malmesbury voor.

Die plant word tot 25 cm groot en blom van Augustus tot in Oktober. Blomme is geel met blou merke, omtrent 4,5 cm in deursnee en die rande is fyn geplooi.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Le Roux, A.; Schelpe, E. Veldblomgids van Suid-Afrika, Kaapse Departement Natuur- en Omgewingsbewaring, 1983, bl. 48.

uncinata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika