thumb|220px|Die Goedit-steleterrein naby Aksum, Ethiopië. thumb|220px|Die kerk van Abreha en Atsbeha.

Goedit (Ge'ez: ጉዲት) is die Klassieke Ethiopiese naam van ’n legendariese koningin wat ook bekend is as Jodit in Tigrinya, Isato in Amharies en Ga'wa in Ţilţal. Sy het oor die beweerde Koninkryk Semien regeer wat volgens ’n laat tradisie die Koninkryk Aksum verwoes, kerke en monumente vernietig en lede van die regerende dinastie probeer uitmoor het. Die dade wat aan haar toegeskryf word, word genoem in mondelinge tradisies en ’n verskeidenheid historiese vertellings.

Inligting oor Goedit is weersprekend en onvolledig. Paul B. Henze skryf: "Sy het na bewering die keiser vermoor, self die troon bestyg en 40 jaar lank regeer. Verhale oor haar wrede misdade word steeds onder boere van die noordelike Ethiopiese platteland vertel." Henze vertel voorts in ’n voetnoot:

Volgens een tradisie het Goedit die amba (plat berg) Debre Damo verwoes en laat brand wat in dié tyd die staatskas en ’n tronk vir die manlike familielede van die koning gehuisves het; dit kan ’n nabootsing wees van die vertelling van ’n latere verwoesting van Amba Geshen deur Ahmad ibn Ibrahim al-Ghazi.Vertel in Goedit is bekend as ʿEsato van die Amhariese woord ʿEsat vir "vuur".

Die Skotse reisiger en skrywer James Bruce vertel van ’n tradisie waarvolgens Dil Na'od se bewind deur Goedit omvergewerp is, en dat Mara Takla Haymanot (wat Bruce "Takla Haymanot" noem) ’n neef van Goedit was wat haar ná verskeie van haar familielede opgevolg het.

In mondelinge tradisies smelt Goedit soms saam met die 16de-eeuse Moslemse koningin Ga'ewa van Tigray..

Verwysings

Skakels

Kategorie:Koninkryk Aksoem