Hierdie bladsy handel oor die chemiese verbinding. Vir die petrolgraderingstelsel, sien Oktaangetal en Petrol.

Oktaan is 'n koolwaterstof en 'n alkaan met die chemiese formule CH, en die struktuurformule CH(CH)CH. Oktaan het 18 strukturele isomere wat verskil deur die hoeveelheid en ligging van vertakking in die koolstofketting. Een van hierdie isomere, 2,2,4-trimetielpentaan (algemeen iso-oktaan genoem), word gebruik as een van die standaardwaardes in die oktaangetal.

Oktaan is 'n komponent van petrol. Soos met alle koolwaterstowwe met lae molekulêre gewig, is oktaan vlugtig en baie vlambaar.

Voorkoms in die natuur en sintese Oktaan is 'n natuurlike bestanddeel van die grootste paraffienfraksie van ruolie en word ook in natuurlike gas aangetref. Oktaan kan bv. deur middel van 'n multi-stap reaksie vanaf furfuraal gesintetiseer word. geen|350px|Multi-stap reaksie van furfanaal tot oktaan

Gebruik van die term in petrol "Oktaan" word in die algemeen gebruik as 'n kort vorm van "oktaangetal", veral in die uitdrukking "hoë oktaan". Die "oktaangradering" is 'n indeks van die vermoë van 'n brandstof om die motorklap teen hoë kompressie te weerstaan, wat kenmerkend is van oktaan se vertakte ketting-isomere, veral iso-oktaan.

Die oktaangetal is oorspronklik bepaal deur brandstof uit slegs heptaan en 2,2,4-trimetielpentaan ('n hoogsvertakte oktaan) te meng en antiklopwaardes van nul aan suiwer heptaan en 100 aan suiwer 2,2,4-trimetielpentaan toe te ken. Die antiklopgradering van hierdie mengsel sal dieselfde wees as die persentasie 2,2,4-trimetielpentaan in die mengsel. Verskillende isomere van oktaan kan bydra tot 'n laer of hoër oktaangradering. Byvoorbeeld, n-oktaan (die reguit ketting van agt koolstofatome sonder vertakking) het 'n -20 (negatiewe) navorsingsoktaangradering, terwyl suiwer 2,2,4-trimetielpentaan 'n navorsingsoktaangradering van 100 het. Sommige brandstowwe het 'n oktaan hoër as 100, veral dié wat metanol, etanol of tetra-etiellood bevat.

Isomere Oktaan het 18 strukturele isomere (24 insluitend stereoisomere): Geen syketting Een syketting Twee sykettings Drie sykettings Vier sykettingsOktaan (n-oktaan)2-metielheptaan 3-metielheptaan 4-metielheptaan 3-etielheksaan2,2-dimetielheksaan 2,3-dimetielheksaan 2,4-dimetielheksaan 2,5-dimetielheksaan 3,3-dimetielheksaan 3,4-dimetielheksaan 3-etiel-2-metielpentaan 3-etiel-3-metielpentaan2,2,3-trimetielpentaan 2,2,4-trimetielpentaan* 2,3,3-trimetielpentaan 2,3,4-trimetielpentaan2,2,3,3-tetrametielbutaan *(iso-oktaan)

Verwysings

Sien ook lys van oplosmiddels Eksterne skakels

Kategorie:Chemie Kategorie:Organiese chemie Kategorie:Alkane