Dil Na'od was die laaste negus (koning) van die Koninkryk Aksoem voor die stigting van die Zagwe-dinastie van Ethiopië. Hy het in óf die 9de óf die 10de eeu gelewe. Dil Na'od was die jongste seun van Ged'a Jan (of Degna Djan) en het sy ouer broer, 'Anbasa Wedem, as negus opgevolg.Taddesse Tamrat, Church and State in Ethiopia (Oxford: Clarendon Press, 1972), p. 55 n.3. Hulle was van die Salomoniese Dinastie. Volgens E.A. Wallis Budge was Dil Na'od se bewind "kort, miskien sowat 10 jaar".E.A. Walis Budge, A History of Ethiopia: Nubia and Abyssinia, 1928 (Oosterhout, Nederland: Anthropological Publications, 1970), p. 276. Die skotse reisiger en skrywer James Bruce vertel egter van ’n ander tradisie, waarvolgens Dil Na'od ’n baba was toe koningin Goedit die prinse wat op Debre Damo gevange gehou is (sy familielede) uitgemoor het. Adellikes het hom toe uit die koninkryk geneem om sy lewe te red.Bruce, Travels to Discover the Source of the Nile (1805), vol. 2 pp. 451–53

Dil Na'od het na berig word op die Ethiopiese Hoogland suid van Aksum veldtogte gevoer en sendelinge na die streek gestuur. Hy het ook die kerk van Debre Igziabher help herbou.Paul B. Henze, Layers of Time (New York: Palgrave, 2000), pp. 47f.

Volgens een tradisie is Dil Na'od deur Mara Takla Haimanot, ’n prins van die Lasta-provinsie, verslaan. Laasgenoemde het met Dil Na'od se dogter, Masaba Warq, getrou. Volgens tradisie is ’n seun van Dil Na'od na Amhara geneem waar hy versteek is totdat sy afstammelinge die Zagwe-dinastie omvergewerp en die Salomoniese Dinastie hervestig het.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Konings van Aksoem