Ixia micranda is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Houw Hoek tot by Kleinmond en De Hoop voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 4 078 km². Die plant het van sy habitat afgestaan aan kusontwikkeling tussen Kleinmond en Hermanus, ook aan die aanplant van plantasies in die Palmiet-Hooglandberge tussen Botrivier en Kleinmond. Dit word tans bedreig deur die aanplant van wingerde, die aanplant van proteas en indringerplante.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika micranda