Moenie met hekseen of heksyn verwar word nie

Heksaan is 'n organiese verbinding, 'n reguit ketting-alkaan met ses koolstofatome en het die molekulêre formule .

Heksaan is 'n belangrike bestanddeel van petrol. Dit is 'n kleurlose vloeistof, reukloos as suiwer en met kookpunte van ongeveer 69 °C. Dit word algemeen gebruik as 'n goedkoop, relatief veilige, grootliks onreaktiewe en maklik-verdampte nie-polêre oplosmiddel.

In industrie verwys die term heksane dikwels na 'n mengsel wat grotendeels (>60%) bestaan uit heksaan, met wisselende hoeveelhede van die isomere 2-metielpentaan en 3-metielpentaan, en moontlik kleiner hoeveelhede nie-isomere C-, C- en C-(siklo)alkane. Heksane is goedkoper as suiwer heksaan en word dikwels gebruik in grootskaalse bewerkings wat nie een isomeer benodig nie (bv. As skoonmaakmiddel of vir chromatografie).

Fisiese eienskappe Alle alkane is kleurloos. Die kookpunte van die verskillende heksaan-isomere is ietwat eenders, en soos vir ander alkane, is dit meestal laer vir die meer vertakte isomere. Die smeltpunte verskil heeltemal en daar is geen duidelik neiging nie.

Produksie Heksaan word hoofsaaklik verkry deur raffinering van ruolie. Die presiese samestelling van die fraksie hang grootliks af van die bron van die olie (ruwe of gereformeerde) en die beperkings van die raffinering. Die industriële produk (gewoonlik ongeveer 50 gew.% van die reguit-ketting-isomeer) is die fraksie wat teen 65-70 °C kook.

Gebruike In die industrie word heksaan gebruik in die formulering van gom vir skoene, leerprodukte en dakbedekking. Dit word ook gebruik om kookolie (soos canola-olie of soja-olie) uit sade te onttrek, vir die skoonmaak en ontvetting van verskillende artikels en vir die vervaardiging van tekstiele.

'n Tipiese laboratoriumgebruik van heksaan is om olie en vetbesoedeling uit water en grond te ontgin vir ontleding. Aangesien heksaan nie maklik gedeprotoneer kan word nie, word dit in die laboratorium gebruik vir reaksies wat baie sterk basisse insluit, soos die bereiding van organolitiums. Butyllithiums word byvoorbeeld gewoonlik as 'n oplossing in heksaan voorsien.

Heksane word algemeen in chromatografie gebruik as 'n nie-polêre oplosmiddel. Hoër alkane, teenwoordig as onsuiwerhede in heksane, het dieselfde retensietye as die oplosmiddel, wat beteken dat fraksies wat heksaan bevat ook hierdie onsuiwerhede bevat. By voorbereidende chromatografie kan konsentrasie van 'n groot volume heksane 'n monster tot gevolg hê wat merkbaar deur alkane besmet is.

Isomere Algemene naam IUSTC-naan Formule Skeletformule heksaaann-heksaan heksaan CH3(CH2)4CH3 isoheksaan 2-metielpentaan (CH3)2CH(CH2)2CH3 isoheksaan 3-metielpentaan CH3CH2CH(CH3)CH2CH3 isoheksaan 2,3-dimetielbutaan (CH3)2CHCH(CH3)2 neoheksaan 2,2-dimetielbutaan (CH3)3CCH2CH3

Sien ook lys van oplosmiddels

Aantekeninge

Verwysings

Kategorie:Chemie Kategorie:Organiese chemie Kategorie:Alkane