Gladiolus quadrangulus is 'n meerjarige geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort en deel van die fynbos is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Malmesbury tot by die Kaapse Vlakte voor. Stedelike ontwikkeling het groot gedeeltes van die plant se habitat verwoes en die oorblywende subpopulasies word bedreig deur indringerplante soos acacia-spesies en grasse.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika quadrangulus