Kama (Sanskrit, Pali, Devanagari: काम) beteken "begeerte, wens, hunkering" in die geskrifte van Hindoeïsme, Boeddhisme en Djainisme.Monier Williams, काम, kāma Monier-Williams Sanskrit English Dictionary, pp 271, see 3rd column Kama beteken dikwels in Hindoe-, Boeddhistiese en Indiese letterkundeJames Lochtefeld (2002), The Illustrated Encyclopedia of Hinduism, Volume 1, Rosen Publishing, New York, , bl. 340. sensuele plesier, seksuele begeerte en ’n hunkering, maar die begrip verwys in ’n breër sin na enige begeerte, wens, passie en verlange daarna om die lewe te geniet, of na liefde of deernis.

Liefde kan met of sonder seksuele konnotasies wees.

Purushartha Kama is volgens Hindoeïsme een van die purusharthas, of doelwitte van ’n mens se lewe, asook een van die primêre behoeftes om te vervul tydens die verskillende fases van die lewe.

Dit word beskou as ’n noodsaaklike en gesonde doel in ’n mens se lewe wanneer dit nagevolg word sonder om die ander drie doelwitte – dharma (etiek/pligte), artha (sukses/werk) en moksha (bevryding/vryheid van die siklus van dood en hergeboorte/verlossing) – in te boet.The Hindu Kama Shastra Society (1925), The Kama Sutra of Vatsyayana, University of Toronto Archives, pp. 8

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hindoeïsme Kategorie:Boeddhisme Kategorie:Djainisme