Purushartha (Sanskrit: पुरुषार्थ) beteken letterlik ’n "voorwerp van menslike nastrewing".puruSArtha Sanskrit-English Dictionary, Keulen-university, Duitsland Dit is ’n sleutelbegrip in Hindoeïsme wat verwys na die vier belangrikste doelwitte in ’n mens se lewe. Die vier purusharthas is: dharma (etiek/pligte), artha (sukses/werk), kama (begeertes/passies) en moksha (bevryding/vryheid van die siklus van dood en hergeboorte/verlossing).
Al vier purusharthas is belangrik, maar in ’n geval van konflik is dharma belangriker as artha en kama.Patrick Olivelle, Dharmasutras – The Law Codes of Ancient India, Oxford University Press, , bl. 364Patrick Olivelle, Dharmasutras – The Law Codes of Ancient India, Oxford University Press, , ble. 92–93 Moksha word beskou as die hoogste ideaal van ’n mens se lewe.Alban Widgery (1930), The Principles of Hindu Ethics, International Journal of Ethics, 40(2): 239–240 Daar is egter verskille onder Hindoes oor die volgorde.
Etimologie Die woord "purushartha" is ’n samestelling tussen die Sanskrit-woorde purusha (पुरुष) en artha (अर्थ). Eersgenoemde beteken "oermens as die siel en oorspronklike bron van die heelal".purusha Sanskrit-English Dictionary, Keulen-university, Duitsland Laasgenoemde beteken in ’n sekere sin "doel", "voorwerp van begeerte" en "betekenis".artha Sanskrit-English Dictionary, Keulen-university, Duitsland Saam beteken die woorde letterlik "doelwit van ’n mens" of "voorwerp van nastrewing".R Prasad (2008), A Conceptual-analytic Study of Classical Indian Philosophy of Morals, , bl. 125
Die Amerikaanse professor in godsdiens, geskiedenis en geesteswetenskappe Alf Hiltebeitel vertaal purushartha as "doelwitte van die mens".
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hindoeïsme