Heinz Carl Heinrich Winckler (gebore 22 Maart 1978) is 'n Suid-Afrikaanse sanger en wenner van die eerste seisoen van die Suid-Afrikaanse weergawe van Idols. Sy eerste Afrikaanse album, Ek kan weer in liefde glo, is in 2009 uitgereik.

Heinz is op Stellenbosch, Wes-Kaap gebore as die oudste van drie kinders. Hy het regte gestudeer aan die Universiteit Stellenbosch. Nadat hy Idols gewen het, het hy sy studies opgeskop vir sy musiekloopbaan. Hy is getroud met Aletté-Johanni en hul eersteling, Lian Theo, is op 23 Mei 2010 gebore.Wincklers se klein Idol is ’n knewel, Die Burger, 25 Mei 2010. URL besoek op 25 Mei 2010

Idols Idols was die Suid-Afrikaanse weergawe van die Britse Pop Idol-program, en is aangebied as 'n talentkompetisie waar deelnemers voortdurend uitgeskakel word om die aantal deelnemers te verminder. Tydens die program is na Winckler verwys as "Hunky Heinz".

Liedjies gesing op Idols Oudisie: I'm a Believer van Smashmouth Top-50: Drops of Jupiter (Tell Me), van Train Top-11: I Don't Wanna Miss a Thing, van Aerosmith Top-8: Higher, van Creed Top-6: Shallow Waters Top-4: Every Breath You Take, van Sting Top-4: Soledad, van Westlife Eindronde: Once in a Lifetime; Drops of Jupiter (Tell Me), van Train; Soledad, van Westlife

Loopbaan na Idols Winckler se debuut-enkel, Once in a lifetime, behaal dubbelplatinum in Suid-Afrika. Sy daaropvolgende debuutalbum, One step closer, sluit die liedjie in asook Soledad, 'n "cover" van die Westlife-lied wat hy tydens Idols opgevoer het, en Next stop happiness, wat ook later as 'n enkel uitgereik is.

Diskografie duimnael|regs|250px|

Albums Idols: The Album (2002) One Step Closer (November 2002) Come Alive (September 2004) Moment Of Truth (September 2006) Live In Concert – The DVD Ek Kan Weer In Liefde Glo, 2009 SELECT 24/7/365 (2011)

Enkelspelers Once In A Lifetime (Junie 2002) Next Stop Hapiness (Maart 2004) One Step Closer The Way It Is Can’t Lose With You Drowning Me Only For You Thank You Another Day Love's Supposed To Be

Filmografie Getroud met Rugby: Die Onvertelde Storie, 2011 as J.P. Viviers Mooirivier, 2015 as die sanger Dave Meyer

Verwysings

Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars

Eksterne skakels Heinz Winckler se tuisblad

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Kitaarspelers Kategorie:Geboortes in 1978 Kategorie:Lewende mense