Gladiolus ceresianus is 'n meerjarige plant wat tot die genus Gladiolus behoort. Die spesie is endemies aan die Noord- en Wes-Kaap. Dit kom voor vanaf die Koue Bokkeveld en Bokkeveld-eskarp, suidwaarts tot by die Klein Roggeveld en Matjiesfontein. Die plant het 20% van sy habitat in die Koue Bokkeveld aan wingerde en boorde afgestaan maar word nie tans bedreig nie. Daar is ook 'n subpopulasie by die Holrivier digby Vredendal.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika ceresianus