Die Modimolle–Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit is 'n plaaslike munisipaliteit in die Waterberg-distriksmunisipaliteit in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit het ontstaan nadat Modimolle en Mookgophong Plaaslike Munisipaliteite saamgesmelt het op 8 Augustus 2016.

Die hoofsetel van die munisipaliteit is in Modimolle.

Politieke verteenwoordiging Die munisipale raad bestaan uit agt-en-twintig lede wat deur gemengde-lede proporsionele verteenwoordiging verkies word. Veertien raadslede word in nege wyke as algehele wenners verkies, terwyl die oorblywende veertien uit partylyste gekies word, sodat die totale aantal partyverteenwoordigers eweredig is aan die aantal stemme wat ontvang is.

Tydens die verkiesing van 3 Augustus 2016 het die African National Congress (ANC) dertien setels in die raad verower, maar nie 'n algehele meerderheid behaal nie. Op 23 Augustus 2016 het die raad Marlene van Staden, die burgemeesterskandidaat van die Demokratiese Alliansie (DA), as die nuwe burgemeester verkies. Op 2 Desember 2021 is Van Staden herverkies as burgemeester, deur die opskiet van 'n muntstuk, nadat sy en die ANC-kandidaat, Aaron Sebolai, na tweekeer se stemming steeds 14 stemme elk gekry het.

Die onderstaande tabel toon die uitslag van die 2016-munisipale verkiesing in beide Modimolle en Mookgophong. Party2016 StemmeSetelsWykLysTotaal %WykLysTotaalAfrican National Congress 13,764 13,650 27,414 47.6 11 2 13Demokratiese Alliansie 6,763 7,130 13,893 24.1 3 4 7Ekonomiese Vryheidsvegters 5,625 5,578 11,203 19.4 0 6 6Vryheidsfront Plus 1,684 1,705 3,389 5.9 0 2 2Mookgophong Party 393 360 753 1.3 0 0 0Congress of the People 142 339 481 0.8 0 0 0 Onafhaklike kandidate 395 – 395 0.7 0 – 0Pan Africanist Congress of Azania 60 30 90 0.2 0 0 0 Totaal 28,826 28,792 57,618 100.0 14 14 28 Bedorwe stemme 341 428 769

Verwysings

Kategorie:Plaaslike Munisipaliteite in Limpopo