Die Djedda-straatrenbaan (Arabies: حلبة شارع جدة) is 'n nuwe motorrenbaan wat in die Rooisee-hawestad Djedda in Saoedi-Arabië gebou is. Die baan het die eerste Saoedi-Arabiese Grand Prix gehuisves, wat op 5 Desember 2021 as die voorlaaste ren op die Formule Een-seisoenkalender van 2021 plaasgevind het, en daarna jaarliks.

Geskiedenis Djedda is aangewys as die 'vinnigste straatbaan' op die Formule Eenkalender waar Formule Eenmotors gemiddelde snelhede van meer as 250 km/h (160 mpu) haal. Die baan is die tweede langste baan op die Formule Een-kalender, met slegs Spa-Francorchamps in België wat langer is.

Die baan is op die Djeddastrook wat aan die Rooisee grens gebou. Die baan is deur Carsten Tilke, seun van die bekende Hermann Tilke, ontwerp.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboue en strukture in Saoedi-Arabië Djedda Kategorie:Saoedi-Arabiese Grand Prix Kategorie:Sport in Saoedi-Arabië