Thomas Sowell (; gebore op 30 Junie 1930) is 'n Amerikaanse ekonoom, maatskaplike teoretikus en seniorgenoot aan Stanford-universiteit se Hoover-instituut.

Hy is gebore in Noord-Carolina maar het grootgeword in Harlem, New York. Hy het sy hoërskoolloopbaan aan Stuyvesant High School gestaak en later aangesluit by die Amerikaanse Marinierskorps tydens die Korea-oorlog. By sy terugkeer na die Verenigde State het Sowell ingeskryf by Harvard-universiteit en in 1958 sy graad in ekonomiese studies magna cum laude verwerf. Hy het in 1959 'n meestersgraad verwerf aan Columbia-universiteit, en in 1968 sy doktorsgraad in ekonomie behaal aan die Universiteit van Chicago. Sowell het gedien op die fakulteite van verskeie universiteite, insluitende Cornell-universiteit en die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles. Hy het ook vir verskeie dinkskrums soos die Urban Institute gewerk. Hy is sedert 1980 werksaam by die Hoover-instituut aan Stanford-universiteit, waar hy tans dien as die Rose en Milton Friedman seniorgenoot op openbare beleid. Sowell skryf vanuit 'n Libertyns-konserwatiewe oogpunt. Hy het reeds meer as dertig boeke geskryf en sy werk is wyd gebundel. Hy is die ontvanger van 'n National Humanities Medalje vir innovatiewe studies wat die geskiedenis, ekonomie en politieke wetenskap inkorporeer.

Sowell se nuutste boek, Charter Schools and Their Enemies, is in 2020 gepubliseer.

Biografie Vroeë lewe Sowell is gebore in Gastonia, Noord-Carolina. Sy vader is dood kort voordat hy gebore is, wat Sowell se moeder, 'n huishulp, met vier kinders agtergelaat het. 'n Groot tante en haar twee volwasse dogters het Sowell aangeneem en grootgemaak. In sy outobiografie, "A Personal Odyssey", het Sowell geskryf dat sy interaksie met blanke kinders so beperk was dat hy nie geweet het dat blond 'n tipe haarkleur is nie. Toe Sowell nege was het sy gesin van Charlotte, Noord-Carolina, na Harlem, New York verhuis vir beter geleenthede, en daarmee deelgeneem aan die grootskaalse migrasie van swart Amerikaners vanaf die Amerikaanse Suide na die Noorde.

Hy het gekwalifiseer vir Stuyvesant High School, 'n gesogte akademiese hoërskool in New York Stad, en sodoende die eerste persoon uit sy familie geword wat verder as graad 6 studeer het. Hy is egter op 17-jarige ouderdom gedwing om weens finansiële- en huislike probleme die skool te verlaat. Sowell het 'n aantal poste beklee, waaronder as masjinis by 'n masjienwinkel en as afleweringsman vir Western Union; hy het in 1948 ook in aanmerking gekom vir die Brooklyn Dodgers. Hy is in 1951 tydens die Koreaanse oorlog opgeroep en toegewys aan die Amerikaanse Marinierskorps. Vanweë sy ervaring met fotografie het Sowell 'n fotograaf vir die Marinierskorps geword.

Hoër onderwys en vroeë loopbaan Na sy eerbare ontslag het Sowell as staatsamptenaar in Washington, DC gewerk en nagklasse bygewoon aan Howard-universiteit, 'n historiese swart kollege. Sy hoë punte in sy eksamens en aanbevelings deur twee professore het hom gehelp om toelating tot Harvard-uiversiteit te kry, waar hy in 1958 sy B.A.-graad in ekonomie magna cum laude behaal het. Hy het die volgende jaar 'n meestersgraad aan Columbia-universiteit verwerf.

Sowell het gesê dat "ek tydens my 20's" 'n Marxis was; gevolglik was een van sy vroegste professionele publikasies 'n simpatiekgesinde ondersoek na Marxistiese denke teenoor Marxistiese–Leninistiese praktyk. Sy ondervinding as federale staatsamptenaar gedurende die somer van 1960 het egter daartoe gelei dat hy Marxistiese ekonomiese teorie verwerp het ten gunste van vrye mark beginsels. Tydens sy werk het Sowell 'n verband ontdek tussen die styging van die minimum lone vir werkers in die suikerbedryf van Puerto Rico en die toename van werkloosheid in daardie bedryf. Die bestudering van die patrone het Sowell laat teoretiseer dat die staatsamptenare wat die minimumloonwet toepas, meer omgee vir hul eie werk as vir die armes.

Sowell het in 1968 'n doktorsgraad in ekonomie aan die Universiteit van Chicago behaal. Sy proefskrif was getiteld "Say's Law and the General Glut Controversy". Sowell het aanvanklik vir Columbia-universiteit gekies om onder George Stigler, wat later die Nobelprys vir Ekonomie ontvang het, te studeer. Toe hy verneem dat Stigler na die Universiteit van Chicago verhuis, het hy hom daarheen gevolg.

Loopbaan Sowell was van 1965 tot 1969 assistent-professor in ekonomie aan Cornell-universiteit. Sowell het 30 jaar later oor die oorname van die Willard Straight Hall deur swart studente in 1969 geskryf, en die studente as "skollies" met "ernstige akademiese probleme [wat] onder laer akademiese standaarde toegelaat is" gekarakteriseer en opgemerk "it so happens that the pervasive racism that black students supposedly encountered at every turn on campus and in town was not apparent to me during the four years that I taught at Cornell and lived in Ithaca."

Sowell het klasse in ekonomie gegee aan Howard-universiteit, Rutgers-universiteit, Cornell, Brandeis-universiteit, Amherst Kollege, en die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles. Hy is sedert 1980 'n seniorgenoot van die Hoover-instituut aan Stanford-universiteit, waar hy 'n genootskap hou wat vernoem is na Rose en Milton Friedman, sy mentor. Daarbenewens het Sowell verskeie kere op William F. Buckley Jr. se program Firing Line verskyn waartydens hy die ekonomie van ras en privatisering bespreek het.

In 1987 het Sowell ten gunste van federale appèlhofregter Robert Bork tydens die verhore vir Bork se benoeming tot die Amerikaanse Federale Hooggeregshof getuig. In sy getuienis het Sowell gesê dat Bork "die hoogs gekwalifiseerde kandidaat van hierdie generasie is", en dat dit wat hy as geregtelike aktivisme beskou, 'n konsep wat Bork as selfbeskrewe "originalist" en "textualist" teëstaan, "nie voordelig was vir minderhede nie." Video van Sowell se getuienis by C-SPAN

In 'n resensie van Sowell se A Conflict of Visions uit 1987 beskryf Larry D. Nachman in die tydskrif Commentary vir Sowell as 'n "toonaangewende verteenwoordiger van die Chicago ekonomieskool." Nachman, Larry D. Maart 1987. "'A Conflict of Visions', deur Thomas Sowell." Commentary.

Eerbewyse 1982: die Mencken-prys vir Beste Boek, ontvang van die Free Press Association, vir sy Ethnic America: A History. 1990: die Francis Boyer-prys, toegeken deur die American Enterprise Institute. 1998: die Sydney Hook-toekenning, ontvang van die National Association of Scholars.Jim Nelson Black (2004). "Freefall of the American university". Nashville, Tennessee WND Books. 2002: die National Humanities Medalje, toegeken deur Pres. George W. Bush, vir sy produktiewe studies van die geskiedenis, ekonomie en politieke wetenskap. 2003: die Bradley-prys vir intellektuele prestasie. 2004: die Lysander Spooner-toekenning, toegeken deur Laissez Faire Books, vir sy Applied Economics: Thinking Beyond Stage One. 2008: die Internasionale Boektoekenning, toegeken deur getAbstract, vir sy Economic Facts and Fallacies.

Verloop van loopbaan Arbeidsekonoom, Departement van Arbeid, Verenigde State, Junie 1961 – Augustus 1962 dosent in Ekonomie, Douglass Kollege, Rutgers-universiteit, September 1962 – Junie 1963 Dosent in Ekonomie, Howard-universiteit, September 1963 – Junie 1964 Ekonomiese analis, American Telephone & Telegraph Co., Junie 1964 – Augustus 1965 Assistent-Professor van Ekonomie, Cornell-universiteit, September 1965 – Augustus 1969 Assosiaat-Professor van Ekonomie, Brandeis-universiteit, September 1969 – Junie 1970 Assosiaat-Professor van Ekonomie, Universiteit van Kalifornië, Los Angeles, September 1970 – Junie 1972 Projekdirekteur, Urban Institute, Augustus 1972 – Julie 1974 Genoot aan die Sentrum vir Gevorderde Studie in Gedragswetenskappe, Julie 1976 – Maart 1977 Besoekende Professor van Ekonomie, Amherst Kollege, September–Desember 1977 Genoot, Hoover-instituut, Stanford-universiteit, April–Augustus 1977 Professor van Ekonomie, Universiteit van Kalifornië, Los Angeles, Julie 1974 – Junie 1980 Seniorgenoot, Hoover-instituut, September 1980–huidig

Bibliografie Boeke 1971. Economics: Analysis and Issues. Scott Foresman & Co. 1972. Black Education: Myths and Tragedies. David McKay Co. . 1972. Say's Law: A Historical Analysis. Princeton University Press. . 1974. Classical Economics Reconsidered. Princeton University Press. . 1975. Race and Economics. David McKay Co. . 1980. Knowledge and Decisions. Basic Books. . 1981. Ethnic America: A History . Basic Books. . Hoofstuk 1, "The American Mosaic ." 1981. Markets and Minorities. Basic Books. . 1981. Pink and Brown People: and Other Controversial Essays . Hoover Press . . 1983. The Economics and Politics of Race. William Morrow and Company. . 1984. Civil Rights: Rhetoric or Reality? William Morrow. . 1985. Marxism: Philosophy and Economics. Quill. . 1986. Education: Assumptions Versus History. Hoover Press. . 1987. A Conflict of Visions: Ideological Origins of Political Struggles . William Morrow. . 1987. Compassion Versus Guilt and Other Essays. William Morrow. . 1990. Preferential Policies: An International Perspective. 1993. Inside American Education. New York: The Free Press. . 1993. Is Reality Optional?: and Other Essays. Hoover. . 1995. Race and Culture: A World View. . 1995. The Vision of the Anointed: Self-Congratulation As a Basis for Social Policy. Basic Books. . 1996. Migrations and Cultures: A World View. . . 1998. Conquests and Cultures: An International History. . 1998. Late-Talking Children. . 1999. The Quest for Cosmic Justice . . 2000. A Personal Odyssey. . 2000. Basic Economics: A Citizen's Guide to the Economy (1ste uitg.) . Basic Books. . 2002. Controversial Essays. Hoover. . 2002. The Einstein Syndrome: Bright Children Who Talk Late. . 2003. Applied Economics: Thinking Beyond Stage One. . 2004. Affirmative Action Around the World: An Empirical Study . New Haven, CT: Yale University Press . . 2004. Basic Economics: A Citizen's Guide to the Economy (hersien en uitgebeide uitgawe). New York: Basic Books. 2005. Black Rednecks and White Liberals. San Francisco: Encounter Books. . 2006. Ever Wonder Why?: and Other Controversial Essays . Stanford, CA: Hoover Institution Press. . . 2006. On Classical Economics. New Haven, CT: Yale University Press. .Berdell, John. 2007. "On Classical Economics" (resensie). EH.net. Economic History Association. 2007. A Man of Letters. San Francisco, CA: Encounter Books. . 2007. Basic Economics: A Common Sense Guide to the Economy (3rde uitg.) Cambridge, MA: Perseus Books. . . 2008. Applied Economics: Thinking Beyond Stage One (2de uitg.). Basic Books. . . 2008. Economic Facts and Fallacies . Basic Books. . . 2009. The Housing Boom and Bust. Basic Books. . Hoofstuk 5, "The Past and the Future." 2010. Basic Economics: A Common Sense Guide to the Economy (4de uitg.) Cambridge, MA: Perseus Books. . 2010. Dismantling America: and Other Controversial Essays. Basic Books. . . 2010. Intellectuals and Society . Basic Books. . Lay summary . 2011. The Thomas Sowell Reader. Basic Books. . 2013. Intellectuals and Race. Basic Books. . 2014. Basic Economics: A Common Sense Guide to the Economy (5de uitg.). New York: Basic Books. . 2015. Wealth, Poverty and Politics: An International Perspective. 2016. Wealth, Poverty and Politics: An International Perspective (2nd ed.). . 2018. Discrimination and Disparities. . 2019. Discrimination and Disparities (revised, enlarged ed.) . 2020. Charter Schools and Their Enemies. .

Keur uit sy essays 1975. "Affirmative Action Reconsidered. Was It Necessary in Academia?" (Evaluation Studies 27). Washington, DC: American Enterprise Institute for Public Policy Research. . 1979. "Status versus Behavior." Washington University Law Review 1979(1):179–88.