Gladiolus bilineatus is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Langeberg voor. Dit is 'n seldsame spesie, slegs vyf subpopulasies kom voor en die totale populasie word op minder as 1000 plante beraam. Die plant het van sy habitat afgestaan aan indringerplante en word ook bedreig deur oorbewyding.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika bilineatus