duimnael|260px|Lande met Hindoes. duimnael|260px|Historiese verspreiding van Hindoeïsme van Indië na Suidoos-Asië. Hindoeïsme is die grootste godsdiens in Indië, Nepal en Mauritius, asook van ongeveer ’n halfmiljoen mense van Indiese oorsprong in Suid-Afrika. Dit word ook as ’n dharma, of lewenswyse, beskou. Dit is die derde grootste godsdiens in die wêreld, met meer as 1,25 miljard aanhangers, of 15-16% van die wêreldbevolking, wat as Hindoes bekend is. Die woord "Hindoe" is ’n term wat net buite die groep vir hulle gebruik word, en hoewel Hindoeïsme al die oudste godsdiens in die wêreld genoem is, beskou baie beoefenaars van die godsdiens dit as Sanatana Dharma (Sanskrit: सनातन धर्म, "die Ewige weg") – dit verwys na die idee dat sy oorsprong buite die menslike geskiedenis gevind kan word, soos in die Hindoegeskrifte onthul word. Nog ’n term is Vaidika dharma, "die dharma van die Vedas", hoewel dit minder gepas is.

Hindoeïsme is ’n uiteenlopende stelsel van gedagtes wat gekenmerk word deur ’n reeks filosofieë en gedeelde begrippe, rituele, kosmologiese stelsels, pelgrimsterreine en gedeelde teksbronne wat onder meer teologie, metafisika, mitologie, Vediese yajna, joga, rituele en tempelbouwerk insluit. Prominente temas in Hindoeïsme sluit in die vier purusharthas, die vier doele van die die lewe: dharma (etiek/pligte), artha (sukses/werk), kama (begeertes/passies) en moksha (bevryding/vryheid van die siklus van dood en hergeboorte/verlossing),; sien ook . sowel as karma (aksie, bedoeling en gevolge) en samsara (die siklus van dood en hergeboorte). Hindoeïsme skryf ewige pligte voor, onder meer eerlikheid, weerhouding daarvan om ander lewende wesens seer te maak, geduld, selfbeheersing, deugsaamheid en deernis. Sien ook Hindoepraktye sluit in rituele soos puja (aanbidding) en ritmiese voordrag, meditasie (dhyana), sanskara (deurgangsrites), jaarlikse feeste en per geleentheid pelgrimstogte. Sommige Hindoes laat hulle sosiale lewe en materiële besittings agter in ruil vir ’n lewe in ’n klooster om moksha te bereik.

Hindoegeskrifte word geklassifiseer as dié wat gehoor is en dié wat onthou word. Die belangrikstes is die Vedas, Upanishads, Puranas, Mahabharatas, Ramayanas en Agamas. Die vier grootste denominasies van Hindoeïsme is tans Vaishnavisme, Shaivisme, Shaktisme en Smartisme. Bronne van gesag en ewige waarhede in die Hindoegeskrifte speel ’n belangrike rol, maar daar is ook ’n sterk Hindoetradisie om gesag te bevraagteken ten einde ’n groter begrip van dié waarhede te ontdek en die tradisie verder te ontwikkel. Buiten dat dit die oorheersende godsdiens in Indië, Nepal en Mauritius is, is daar ook aansienlike Hindoegemeenskappe in Suidoos-Asië, insluitende in Bali in Indonesië, die Karibiese Seegebied, Noord-Amerika, Europa, Oseanië en Afrika. Dit is naas die Islam die vinnigs groeiende godsdiens in die wêreld.

Etimologie thumb|’n Balinese Hindoegesin ná puja in die Bratantempel in Bali, Indonesië. Die woord "Hindoe" is afgelei van die Indo-Ariese/Sanskrit-wortel sindhu. Die Proto-Irannese klankverandering van *s na h het tussen omstreeks 850 en 600 v.C. plaasgevind, volgens die professor in Indologie Asko Parpola.: "In Iranian languages, Proto-Iranian *s became h before a following vowel at a relatively late period, perhaps around 850–600 BCE."

Die gebruik van die term "Hindoeïsme" om ’n versameling praktyke en geloofsoortuigings te beskryf is ’n redelik onlangse ontwikkeling: Dit is in 1816-'17 die eerste keer deur die godsdienshervormer radja Ram Mohun Roy gebruik. Omstreeks 1830 is dit gebruik deur Indiërs wat Britse kolonialisme teengestaan het en hulleself wou onderskei van ander godsdiensgroepe.

Die woord "Hindoe" is veel ouer en was vermoedelik die naam wat gebruik is vir die Indusrivier in die noordwestelike deel van die Indiese subkontinent. (Die Indo-Ariese woord sindhu beteken "rivier" of "oseaan".) Dit word dikwels in die Rigveda gebruik. Volgens die Britse geleerde Gavin Flood is die term die eerste keer gebruik as ’n Persiese naam vir die mense wat oorkant die Indus (Sanskrit: Sindhu) gewoon het, meer spesifiek in die inskripsie uit die 6de eeu v.C. van Darius I (550-486 v.C.). Dit was dus ’n geografiese aanduiding en nie ’n godsdiensterm nie. Onder die vroegste verwysings na "Hindoe" met betrekking tot godsdiens is dalk in die 7de-eeuse Chinese geskrif Rekord van die Westelike streke deur Xuanzang en die 14de-eeuse Persiese geskrif Futuhu's-salatin deur 'Abd al-Malik Isami.

Die Arabiese term al-Hind verwys ook na die mense wat oorkant die Indus woon. Dié term kom van die pre-Islamitiese Persiese term Hindū, wat na alle Indiërs verwys. Teen die 13de eeu is Hindustan gebruik as ’n gewilde alternatiewe naam vir Indië, wat beteken die "land van Hindoes".

Die term "Hindoe" is later soms in Sanskritgeskrifte van tussen die 15de en 18de eeu gebruik om ’n onderskeid te tref tussen Hindoes en Moslems, wat Yavanas ("buitelanders) of Mlecchas ("barbare") genoem is. Europese handelaars en koloniste het die term eers teen die einde van die 18de eeu begin gebruik om te verwys na aanhangers van Indiese godsdienste.

Definisies Hindoeïsme sluit uiteenlopende idees oor spiritualiteit en tradisies in, maar het geen ekklesiastiese orde, onbetwiste godsdiensowerhede, beheerliggaam, profete of heilige boek nie – Hindoes kan kies of hulle politeïsties, panteïsties, panenteïsties, pandeïsties, henoteïsties, monoteïsties, monisties, agnosties, ateïsties of humanisties wil wees.<ref>MK Gandhi, The Essence of Hinduism </ref> Volgens Doniger is die "idees oor al die belangrike kwessies van geloof en leefstyl – vegetarisme, niegeweld, ’n geloof in hergeboorte, selfs kaste – ’n onderwerp van debat, nie dogma nie".

Vanweë die groot reeks tradisies en idees wat deur die term "Hindoeïsme" gedek word, is dit moeilik om ’n omvattende definisie saam te stel. Die godsdiens "daag ons begeerte uit om dit te definieer en kategoriseer". Dit is al beskryf as ’n godsdiens, ’n godsdienstradisie, ’n stel godsdienstige sienings en ’n "lewenswyse". Uit ’n Westerse leksikale standpunt word na Hindoeïsme as ’n godsdiens verwys, nes na ander gelowe. In Indië word die term "dharma" verkies, wat ’n breër betekenis het as die Westerse woord "godsdiens".

Die studie van Indië en sy kulture en godsdienste, asook die term "Hindoeïsme", is gevorm deur die belange van kolonialisme en deur die Westerse begrip van godsdiens. Sedert die 1990's is dié invloede die onderwerp van debat onder geleerdes en onder kritici van Westerse sienings oor Indië.

Sienings oor strominge thumb|links|200px|Die om, ’n gestileerde letter van die Devanagari-skrif, word in Hindoeïsme as ’n godsdienssimbool gebruik.

Hindoeïsme, soos wat dit algemeen bekend is, kan in ’n paar groot strominge verdeel word. Van die historiese verdeling in ses hooffilosofieë is twee skole, Vedanta en Yoga, tans die prominentste. As dit volgens hoofgode verdeel word, is die vier moderne strominge Vaishnavisme (Vishnu), Shaivisme (Shiva), Shaktisme (Devi) en Smartisme (vyf gode wat as gelykes behandel word). Hindoeïsme aanvaar talle goddelike wesens: Baie Hindoes beskou hulle as aspekte of manifestasies van ’n enkele, onpersoonlike absolute realiteit van God; ander Hindoes glo ’n spesifieke godheid verteenwoordig die oppergod en die ander is laer manifestasies van dié oppergod. Ander kenmerke is die erkenning van atman (die siel, self), reïnkarnasie van die atman en karma, en ’n geloof in dharma (pligte, regte, wette, waardes en die regte leefwyse).

McDaniel (2007) klassifiseer Hindoeïsme in ses groot soorte en verskeie klein soorte, ten einde die uitdrukking van emosies onder Hindoes te verstaan.June McDaniel "Hinduism", in Volgens McDaniel is die hoofsoorte Volkshindoeïsme, geskoei op plaaslike tradisies en kultusse van plaaslike godhede, en die oudste, niegeskrewe stelsel; Vediese Hindoeïsme, wat geskoei is op die vroegste Vedas wat na die 2de millennium v.C. teruggespoor kan word; Vedantiese Hindoeïsme, wat gebaseer is op die filosofie van die Upanishads, insluitende Advaita Vedanta, wat klem lê op kennis en wysheid; Yoga-Hindoeïsme, wat die teks van die Yoga Sutras volg en klem lê op selfondersoekende bewustheid; Dharmiese Hindoeïsme of "daaglike moraliteit", wat volgens McDaniel in sekere boeke gestereotipeer word as die "enigste vorm van die Hindoegodsdiens met ’n geloof in karma, koeie en kaste"; en bhakti of gewyde Hindoeïsme, waar intense emosies uitvoerig geïnkorporeer word in die navolging van die spirituele.

Michaels onderskei tussen drie Hindoegodsdienste en vier vorme van Hindoegodsdienstigheid. Die drie godsdienste is "Brahmanies-Sanskritiese Hindoeïsme", "volks- en stamgodsdienste" en "gestigte godsdienste". Die vier vorme van godsdienstigheid is die klassieke "karma-marga", jnana-marga, bhakti-marga en "heroïsme", met sy wortels in militaristiese tradisies. Dié tradisies sluit in Ramaïsme (die aanbidding van Rama, ’n held uit die epiese letterkunde; daar word geglo hy is ’n reïnkarnasie van Vishnu), sowel as dele van politieke Hindoeïsme. "Heroïsme" word ook virya-marga genoem. Volgens Michaels behoort die meeste Hindoes tot een van die "gestigte godsdienste", soos Vaishnavisme en Shaivisme wat op verlossing fokus en dikwels minder klem lê op Brahmaanse (priesterlike) gesag. Hy sê onder die "gestigte godsdienste" is Boeddhisme, Djainisme en Sikhisme wat nou aparte godsdienste is; sinkretiese bewegings; en verskeie "ghoeroeïsmes" en neogodsdienstige bewegings.

Hindoe-sienings Hindoes se geloofsoortuigings is uitgebreid en uiteenlopend en daarom word dikwels na Hindoeïsme as ’n "familie godsdienste" verwys eerder as een godsdiens. In dié groep godsdienste is daar verskillende teologieë, praktyke en heilige geskrifte.

Die godsbegrip in Hindoeïsme is kompleks en teenstrydig. In een opsig word Brahma as 'n panteïstiese god beskou wat in alle dinge en mense teenwoordig is, en in 'n ander opsig as 'n transendente, persoonlike god.

Die Hindoeïste het 'n sterk leerstelling oor reïnkarnasie. Hulle glo dat die menslike siel dikwels in ander liggame op aarde gebore word. Die liggaam word oud en sterf, maar die siel word weer in 'n nuwe liggaam gebore om sodoende sy ontwikkeling na hoër vlakke van goddelikheid voort te sit. 'n Beter karma word deur goeie werke en geregtigheid (dharma) opgebou. Uiteindelik sal die siklus van nuwe geboortes verbreek word wanneer die siel met die universele god saamsmelt. Vroeër of later sal dit met elke mens gebeur – niemand gaan verlore nie. Vir die onkundiges en dwalendes sal dit net langer neem om dié toestand te bereik. 'n Persoon met 'n slegte karma, wat deur negatiewe en selfsugtige dade gekenmerk word, sal in sy volgende lewensiklus gestraf word deur 'n minderwaardiger en moeiliker lewe te lei. Iemand met 'n goeie karma sal voorspoed, aansien en seëninge ervaar.

Sanatana Dharma Vir sy aanhangers is Hindoeïsme ’n tradisionele leefwyse. Baie beoefenaars verwys na die "ortodokse" vorm daarvan as Sanatana Dharma, die "ewige wet" of "ewige weg".; Hindoes meen Hindoeïsme is duisende jare oud. Die tydlyn van gebeure in die antieke Indiese geskiedenis voorsien ’n chronologie van gebeure in verband met Hindoeïsme wat lank voor 3000 v.C. begin. Die Sanskrit-woord "dharma" het ’n veel breër betekenis as "godsdiens" en is nie gelyk daaraan nie. Alle aspekte van ’n Hindoe se lewe – die verkryging van rykdom (artha), die vervulling van wense (kama) en die verkryging van bevryding (moksha) is deel van dharma.