Christo Ferro Liebenberg (gebore op 2 Oktober 1934) is 'n afgetrede Suid-Afrikaanse bankier wat van 19 September 1994 tot 4 April 1996 minister van finansies van Suid-Afrika was in die regering van nasionale eenheid onder voorsitterskap van Nelson Mandela.
Hy is in Touwsrivier in die Wes-Kaap gebore. Sy pa het op die spoorweë gewerk. Touwsrivier was destyds een van die grootste spoorwegverbindings in Suid-Afrika. Hy het skoolgegaan by Worcester Boys' High School, en verder studeer aan die Harvard Business School AMP, INSEAD en Cranfield Universiteit.
Liebenberg het in 1952 by Nedcor Bank as 'n boodskapper begin werk. Hy het sy pad opgewerk tot hy in 1994 as HUB van Nedbank uitgetree het na vier jaar in die pos.
Nelson Mandela het hom gevra om in 1994 by Derek Keys as minister van finansies oor te neem.
Aangesien hy nie aan enige politieke party verbonde was nie, het president Nelson Mandela die grondwet verander om Liebenberg as minister van finansies te akkommodeer.
Volgens die ooreenkoms het hy vir 'n sekere tydperk aangebly, waarna die pos aan Trevor Manuel gegaan het.
Verwysings
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse hoof- uitvoerende beamptes Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van finansies