Watsonia dubia is 'n geofiet wat tot die genus Watsonia behoort en vorm deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor van Citrusdal tot by Wellington. In die noorde van die Swartland het 80% van die plant se habitat verlore gegaan aan landbou aktiwiteite. Daar is tans net drie subpopulasies bekend met minder as 250 plante. Twee van die subpopulasies is in natuurreservate geleë.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika dubia